Ons is by verskeie sendelinge betrokke. Ons plaas terugvoer oor die sendelinge soos wat ons dit van hulle ontvang. Kontak gerus die verantwoordelike persoon indien jy meer inligting verlang.
|
Hoe werk ons getuienisbediening?
Ons het vanuit ons strategie besluit ons is 'n gestuurde gemeente wat ook in ons onmiddellike omgewing wil uitreik. Ons wil ons sendingbetrokkenheid” skerper en meer gefokus maak. Doen minder maar beter en kweek so meer belangstelling by lidmate. Ons gaan voortaan sterker fokus op die sendelinge wat ons finansieel ondersteun. Hulle moet in die harte van die gemeente leef. Hierdie sendelinge is: Gwendoline Gaffley Benson en Mutende Sakala (Kontak gerus vir Ina Du Toit vir meer inligting) By die Getuienisvergadering doen ons verslag aangaande dié sendelinge en ons verwag van hulle skriftelike verslae/ uusbriewe. Ons moet ook aan hulle terugvoering gee. Hierdie sendelinge se werksaamhede word deurlopend op die Bulletin bemark. Lidmate word versoek om direkte verantwoordelikheid vir onder genoemde sendelinge te neem. Enige iemand kan geld vir hierdie sendelinge in hulle aksiefondse inbetaal. Indien die lidmate hulle wil bemark en die gemeente oor hulle inlig, ondersteun ons die lidmaat in hulle poging. Lidmate besluit dus of hulle hierdie mense wil ondersteun, finansieel en andersins. Eerwaarde Allan en Lorraine Knowles Danie en Esther van Niekerk. (Kontak gerus Jacob en Riëtte van der Merwe vir meer linligting) Jy kan ook hulle nuutste nuus hier lees. |
Wat beteken dit om 'n gestuurde gemeente te wees?
God se droom vir ons Gemeente: Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik. Gestuurde Gemeente.
“Waar is God tans aan die werk en waar sou Hy dat ons saam met Hom werk?” Iemand het een keer die vraag beantwoord met: ”God is oral aan die werk!” Dit is 'n mooi vroom antwoord, maar nie geloofsonderskeidend nie. 'n Gestuurde gemeente kan nie met so 'n antwoord tevrede wees nie. Ons wil werklik bepaal waar sou God nou wou hê moet ons met ons gawes en hulpbronne 'n verskil maak, hiér en nóú.
Ons wil dus nie met organisatoriese veranderinge besig wees nie. Ons wil 'n nuwe kultuur skep van gestuur-wees. Eersgenoemde fokus op kleingroepe, eredienste, ens. Laasgenoemde gaan gepaard met diepgaande verandering binne ons. Die woord omvorming is vir my 'n beter woord. Die Gees van God omvorm my van binne af buitentoe. Letterlik sou dit beteken ons fokus al hoe minder op instandhouding van ons gemeente (dit sluit in geboue, fasiliteite, strukture, ens.) en ons raak meer gerig na buite, na die mense in ons gemeenskap! Ons fokus op organisatoriese verandering het ons by 'n punt gebring waar ons strukture en fasiliteite redelik goed in plek is. Dit het ons egter ook op 'n punt gebring waar “uitreik” (sendingwerk) iets is wat 'n klein groepie mense in ons gemeente mee besig is. Nou val die klem egter op ons almal as gestuurdes.
Ons weet egter dat enige verandering/omvorming bedreigend is. Om 'n gestuurde gemeente te wees, is nie iets nuuts wat ons nou uitgedink het nie. Om 'n gestuurde gemeente te wees, is 'n strewe van ons (NG) Kerk oor jare heen, maar ook die Kerk deur die wêreld. Die liggaam van Christus kom al hoe meer in beweging om waar die Liggaam homself ook mag bevind, daar 'n verskil te maak.