Jy kan ook op Facebook na die lewendige uitsendings gaan kyk - Volg die skakel.
Salvador Dali- The Temptation of St. Anthony (Royal Museums of Fine Arts of Belgium)
Preke 2019
![]()
|
Agtergrond by Lukas 15
Die verhaal begin by hfst 14 waar Jesus saam met die Fariseërs eet. Dit is feestelike geleenthede hoewel Hy hulle eer aantas deur daarop te wys dat daar sekere mense uitgesluit is van hulle feestelike byeenkomste. Jesus het nie ‘n probleem om met hierdie vroom gelowiges te meng nie. Die probleem kom in wanneer Hy ook met sondaars (mense wat hulle nie steur aan die reinheidswette van die Fariseërs nie) en tollenaars (Mense wat willens en wetens vanweë hulle beroep die reinheidswette oortree) meng. Tollenaars was mens wie in die oë van die Fariseërs die wet doelbewus verbreek het, en onrein was. Die sondaars was die mense wat die wet in totaliteit verwerp het.
(Ernest v Eck verduidelik) In die tyd van Jesus was dit algemene praktyk vir eienaars van skape om herders te kontrakteer om na hulle skape om te sien. Skape het meestal in afgeleë en onherbergsame gebiede gewei het; ’n trop skape het normaalweg uit ongeveer vyftig tot honderd skape (plus ’n paar bokke) bestaan. Indien jy 100 skape gehad het was jy ryk gewees. Die loon van herders was so laag as min of meer sestien dragma per maand. Niemand n die samelewing het minder as hulle verdien nie. Die waarde van ’n ooi en ram het respektiewelik twintig en tien dragma beloop. Die herder was verantwoordelik vir enige skade (bv. skape wat weggeraak het). Indien ’n ooi verlore sou raak, het dit dus beteken dat ’n herder meer as ’n maand se inkomste verloor het.
Herders was as ongewenste persone beskou is. Die herdersberoep is as veragtelik beskou, en herders is geassosieer met tollenaars en sondaars, kon nie as getuies in ’n dispuut optree nie, is beskou as rowers, onrein en in beginsel oneerlik – daarom ’n beroep wat deur Jode so ver as moontlik vermy is. Herders, omdat hulle nomadies was, sonder toesig, en bewapen was met ’n slinger en herderstok, was as rowers beskou. Hulle was gevaarlik! Indien een skaap weg raak sou dit beter wees om te vlug, moontlik nog een gaan roof, maar beslis nie om te gaan soek. Jy sou geen loon ontvang nie en verantwoordelik gehou word vir die koste. Daar is ‘n waagstuk in geleë om te gaan soek.

PREKE 2018
Alle regte voorbehou © - https://www.heqiart.com/